Hoekom leeu so hard brul1

Hoekom Leeu so hard brul

Lank, lank gelede het Leeu ‘n sagte stem gehad. Hy het al die diere gevang en geeet. Die diere hou toe vergadering oor die probleem.

Haas gaan toe na Leeu toe en se bang: “Leeu, jou broer is baie siek. Kom saam met my.” Leeu is baie bekommerd en stap saam met Leeu. Hulle stap en stap en stap. Hulle stap so ver dat Leeu moeg word en aan die slaap raak. Terwyl Leeu slaap gaan Haas en steel die bye se heuning en smeer dit om die Leeu se pote en mond. Toe die Bye agterkom hulle heuning is weg was hulle baie kwaad. Hulle gaan toe na Leeu toe en steek hom oral op sy lyf.

 

Leeu het so seergekry dat hy begin brul het van die pyn. Hy het so hard soos donderweer gebrul. Tot vandag toe brul Leeu so hard en al die diere weet nou waar hy is.

Grade 4 Week 1 Module 1 Afrikaans Term 2 FAL

Luister en Praat

Read a story for example Waarom leeu so hard brul. (suitable for older learners) or Waarom leeu so hard brul1 (suitable for younger learners)

Learners need to tell a story about an event that happened to them. They need to focus on expressing emotions and they need to stay with the chosen subject.

For more about emotions/Emosies click here.

 

Polisemie en homonieme

In Afrikaans is daar woorde wat dieselfde klink- maar nie dieselfde betekenis het nie. Hierdie woorde is homonieme. (as-verbrande hout en as- die as van ‘n voertuig)

Daar is dan ook woorde wat dieselfde klink en ‘n verwante betekenis het. (land- Suid Afrika is ‘n land en land- ek ploeg die land)

Vir ‘n animasie van hierdie begrip gaan na ons Youtube video.

Nie ontkenning/negative

For posts about the nie-ontkenning please click here.

In Afrikaans there is a double negative.

To write a sentence in the negative follow these steps:

1. Look for the verb.

2. The first “nie” goes after the verb.

3. The second “nie” goes to the end of the sentence.

Ek loop in die straat. (verb=loop)

Ek loop NIE in die straat NIE.

If a sentence ends with a question mark you answer the question by using the word Nee.

Loop hy in die straat?

Nee hy loop nie in die straat nie.

Hersiening eerste kwartaal Graad 4-7

Hier is die vasvrawedstryd vir die week! Kyk of jy eerste op die lys kan wees. Daar is Vrydag ‘n prys vir die een wat die hoogste punte in elke  vasvra het. Jy mag nie aangaan na die volgende  vasvra as jy nie volpunte het nie.

1. Meervoude Graad 4-7 Toets 1

2. Stelsinne Graad 4-7 Toets 1

3. Vertaal in Engels toets 1 Graad 7

Stuur vir ons ‘n e-pos en laat weet my wat jou punte is vir elke toets dan stuur ek vir jou die volgende skakel. admin@afrikaansisfun.co.za

 

Refentse sing in Afrikaans

Ek het ‘n wonderlike klas met wonderlike kinders. Hulle almal inspireer my. Ons het gister ons eerste ekstra klas gehad en dit was baie lekker.

Ek het in die Beeld gelees hierdie week van Refentse wat so mooi in Afrikaans kan sing. Ek weet dat die kinders wat ek ken ook so mooi kan sing.

Gaan na hierdie webblad en lees die artikel. (You must click on “hierdie webblad”)

Wanneer jy dit klaar gelees het luister na sy liedjies:

Dink jy ook dit is mooi?

Vra jou ouers se toestemming voordat jy die internet of Facebook gebruik.

Gaan nou na Refentse se Facebook blad en los ‘n “comment” vir hom.

Hier is die adres:

https://www.facebook.com/pages/Refentse-Morake/341925566013197?notif_t=fbpage_fan_invite

Terwyl jy op Facebook is gaan na https://www.facebook.com/Afrikaansisfun en ‘like’ die blad en los ‘n boodskap.

Wanneer jy klaar is met alles stuur vir my ‘n e-pos (e-mail) en vertel vir my wat jy van die opdrag gedink het.

Ek hoop jy het ‘n lekker dag,

Juffrou

 

Die dapper muis vrae.

Hallo Julle

Hier is ‘n paar vrae om te antwoord. Dit gaan oor Die Dapper muis. Bring dit klas toe vir ekstra meriete punte.

1.Hoekom stap en loop die muis nie?

2. Hoe voel dit om te skrik en bang te wees? Teken prentjies van n gesiggie wat skrik en een wat bang is.

3. Ken jy die speletjie vangertjie (open the gate). Vra iemand om dit saam met jou te speel.

4. Hoe lyk n uil. Soek prentjies van verskillende soorte uile.

5. Hoekom is uile se oe” so groot en wanneer en waar slaap hulle?

6. Wat eet uile en hoe lyk hulle nes?

7. Het jy n kat en wat eet katte graag?

8. Teken n kat wat miaaw. Leer om die die woord te spel.

9. Hoe lyk n muisvalletjie? Laat n grootmens een  opstel en laat afgaan om die geluid te hoor.

10. Wat dink jy beteken gruwelik?

11.Hoe klink dit as iets knal. Waaraan kan jy nog dink behalwe as jy op n hoop dun hout trap. Dan praat ons van die geluid as die geknal van die hout wat breek.

12. Wanneer kraai n haan die eerste keer die dag. Is die haan manlik of vroulik. Ons praat van ‘n haan en ‘n …….

13. Watter geluide maak uile. Gee so 2 uilroepe.