Hoekom leeu so hard brul1

Hoekom Leeu so hard brul

Lank, lank gelede het Leeu ‘n sagte stem gehad. Hy het al die diere gevang en geeet. Die diere hou toe vergadering oor die probleem.

Haas gaan toe na Leeu toe en se bang: “Leeu, jou broer is baie siek. Kom saam met my.” Leeu is baie bekommerd en stap saam met Leeu. Hulle stap en stap en stap. Hulle stap so ver dat Leeu moeg word en aan die slaap raak. Terwyl Leeu slaap gaan Haas en steel die bye se heuning en smeer dit om die Leeu se pote en mond. Toe die Bye agterkom hulle heuning is weg was hulle baie kwaad. Hulle gaan toe na Leeu toe en steek hom oral op sy lyf.

 

Leeu het so seergekry dat hy begin brul het van die pyn. Hy het so hard soos donderweer gebrul. Tot vandag toe brul Leeu so hard en al die diere weet nou waar hy is.

1 thought on “Hoekom leeu so hard brul1”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *