Die dapper muis vrae.

Hallo Julle

Hier is ‘n paar vrae om te antwoord. Dit gaan oor Die Dapper muis. Bring dit klas toe vir ekstra meriete punte.

1.Hoekom stap en loop die muis nie?

2. Hoe voel dit om te skrik en bang te wees? Teken prentjies van n gesiggie wat skrik en een wat bang is.

3. Ken jy die speletjie vangertjie (open the gate). Vra iemand om dit saam met jou te speel.

4. Hoe lyk n uil. Soek prentjies van verskillende soorte uile.

5. Hoekom is uile se oe” so groot en wanneer en waar slaap hulle?

6. Wat eet uile en hoe lyk hulle nes?

7. Het jy n kat en wat eet katte graag?

8. Teken n kat wat miaaw. Leer om die die woord te spel.

9. Hoe lyk n muisvalletjie? Laat n grootmens een  opstel en laat afgaan om die geluid te hoor.

10. Wat dink jy beteken gruwelik?

11.Hoe klink dit as iets knal. Waaraan kan jy nog dink behalwe as jy op n hoop dun hout trap. Dan praat ons van die geluid as die geknal van die hout wat breek.

12. Wanneer kraai n haan die eerste keer die dag. Is die haan manlik of vroulik. Ons praat van ‘n haan en ‘n …….

13. Watter geluide maak uile. Gee so 2 uilroepe.

3 thoughts on “Die dapper muis vrae.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *