Refentse sing in Afrikaans

Ek het ‘n wonderlike klas met wonderlike kinders. Hulle almal inspireer my. Ons het gister ons eerste ekstra klas gehad en dit was baie lekker.

Ek het in die Beeld gelees hierdie week van Refentse wat so mooi in Afrikaans kan sing. Ek weet dat die kinders wat ek ken ook so mooi kan sing.

Gaan na hierdie webblad en lees die artikel. (You must click on “hierdie webblad”)

Wanneer jy dit klaar gelees het luister na sy liedjies:

Dink jy ook dit is mooi?

Vra jou ouers se toestemming voordat jy die internet of Facebook gebruik.

Gaan nou na Refentse se Facebook blad en los ‘n “comment” vir hom.

Hier is die adres:

https://www.facebook.com/pages/Refentse-Morake/341925566013197?notif_t=fbpage_fan_invite

Terwyl jy op Facebook is gaan na https://www.facebook.com/Afrikaansisfun en ‘like’ die blad en los ‘n boodskap.

Wanneer jy klaar is met alles stuur vir my ‘n e-pos (e-mail) en vertel vir my wat jy van die opdrag gedink het.

Ek hoop jy het ‘n lekker dag,

Juffrou

 

Die dapper muis vrae.

Hallo Julle

Hier is ‘n paar vrae om te antwoord. Dit gaan oor Die Dapper muis. Bring dit klas toe vir ekstra meriete punte.

1.Hoekom stap en loop die muis nie?

2. Hoe voel dit om te skrik en bang te wees? Teken prentjies van n gesiggie wat skrik en een wat bang is.

3. Ken jy die speletjie vangertjie (open the gate). Vra iemand om dit saam met jou te speel.

4. Hoe lyk n uil. Soek prentjies van verskillende soorte uile.

5. Hoekom is uile se oe” so groot en wanneer en waar slaap hulle?

6. Wat eet uile en hoe lyk hulle nes?

7. Het jy n kat en wat eet katte graag?

8. Teken n kat wat miaaw. Leer om die die woord te spel.

9. Hoe lyk n muisvalletjie? Laat n grootmens een  opstel en laat afgaan om die geluid te hoor.

10. Wat dink jy beteken gruwelik?

11.Hoe klink dit as iets knal. Waaraan kan jy nog dink behalwe as jy op n hoop dun hout trap. Dan praat ons van die geluid as die geknal van die hout wat breek.

12. Wanneer kraai n haan die eerste keer die dag. Is die haan manlik of vroulik. Ons praat van ‘n haan en ‘n …….

13. Watter geluide maak uile. Gee so 2 uilroepe.

Is jy ‘n man of ‘ n muis? Spreekwoorde

Is jy n man of n muis? Ek hou van n man wat sy man kan staan.  Beantwoord die volgende vrae op ‘n stuk papier en bring dit saam skool toe.

1.Dink jy n muis sterk en groot en andere diere hardloop vir hom weg?

2. Waar bly muise gewoonlik? In gate in die veld.

3. Wat kom maak die muis in die huis. Wil die mense se kos kom eet.

4. Hou mense van muise of is party mense bang vir muise.

5. Wat doen mense om muise uit hulle huise weg te hou. Hulle sit muisvalletjies . Bring n voorbeeld van n muisval. Stel dit op en laat dit afgaan. Langa behoort muisvalle goed te ken. Almal gaan natuurlik skrif veral as dit op n lee” houttafel laat af gaan .

6. Watter diere of voels vang muise. Verduidelik wat beteken uil en skuil.

7. So hoekom se die muis hy is dapper. Want n leeu is dapper en as muis se hy dapper sien hy homself as leeu.

8. So die spreekwoord wat se hy in n dapper muis beteken net hy maak net of hy dapper is soos leeu.

9 Hoekom het ons oumas so baie geweet van muise en hulle dinge. Oumas het op plase en naby mielielande gebly en het katte gehad wat muise gevang het vir kos. Snags het die uile die muise gevang want dit was hulle kos so on moet altyd dink hoe ons oumas dit gese het. So wees manne en nie muise en pak die bul by die horings en leer jou spreekwoorde.

 

Dapper Muis

Please find below the words to the song featured in our new theme. For all the articles in this theme please click here:

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En sê nou daar’s ‘n kat!
Oe, ‘n kat!
Ja, ‘n kat met ‘n gryns wat altyd hunker na ‘n muis.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat, is daar niks waarvoor ek skrik nie.

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En sê nou daar’s ‘n valletjie
Oe, ‘n valletjie!
Ja, ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie,
is daar niks waarvoor ek skrik nie.

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En sê nou daar’s ‘n uil.
Oe, ‘n uil!
Ja, ‘n uil van wie muise altyd skuil.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie en ‘n uil,
is daar niks waarvoor ek skrik nie.

En wat van ‘n lawaai, soos ‘n haan wat kraai,
en ‘n gebreek en ‘n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak.
En ‘n geklingel en ‘n getingel en ‘n gekletter en ‘n geknetter,
en ‘n boems en ‘n kardoems.

Waar’s jy?

O – buiten vir ‘n kat met ‘n gryns wat altyd hunker na ‘n muis
en ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal
en ‘n uil in die nag wat vir muise sit en wag
en ‘n huis met ‘n lawaai soos ‘n haan wat kraai.
‘n Gebr /eek, ‘n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak.
‘n Getjingel, ‘n getingel, ‘n gekletter, ‘n geknetter
en ‘n boem en ‘n kardoems
Oe-eee!
Is daar niks waarvoor ek skrik nie.

Jy Jok!

http://www.youtube.com/watch?v=n1zDCChR76s